E-pos
dsteyl@polka.co.za
Woonadres
Kampstraat
9, Oudtshoorn, 6625, Republiek van Suid-Afrika
Posadres
Posbus
82, Oudtshoorn, 6620, Republiek van Suid-Afrika
Telefoon- & Faksnommers
Plaaslik RSA
Tel (044)
272-5099 (Huis) of 0866033353
Tel
(044) 203-4111 (Skakelbord by die werk)
Faks
0866033353
Selfoon: 083 539 4480
Internasionaal
Tel +27
44 272-5099 (Huis)
Tel
+27 44 203-4111 (Skakelbord by die werk)
Faks
+27 866033353
Selfoon: +27 83 539 4480
DIENSTE BESKIKBAAR
Vertaling
Ø Van Afrikaans of Nederlands na Engels.
Ø Van Engels of Nederlands na Afrikaans.
Vertaling
sluit in al die taalversorgingfunksies hieronder genoem, asook proeflees.
Taalversorging
Ø In Engels en Afrikaans.
Taalversorging
sluit in die nagaan van al die belangrike taalfunksies, nl. verstaanbaarheid, styl, sinsbou, woordeskat, leestekens en spelling.
Formaat
Vertaling
en taalversorging word gedoen in die MS Word 2000 of Corel Word Perfect 8 formaat. Werk
moet in een van hierdie formate ingedien word.
Indien
u die werk wat gedoen moet word deur middel van e-pos of op 'n rekenaarskyf beskikbaar stel, ontvang u 'n getikte, afgeronde
produk wat gereed is om gedruk te word (afhangende daarvan of u dit weer tegnies moet versorg as gevolg van die instelling
van u drukker).
Indien
u die werk wat vertaal moet word op papier indien, sal die vertaling op rekenaar gedoen word en sal u die produk per e-pos
of op 'n rekenaarskyf ontvang in die formaat van u keuse (MS Word 2000 of Corel Word Perfect 8).
Samewerking
Ek
werk in noue samewerking met kliënte, en deur die hele proses sal problematiese woordeskat en ander aspekte met u bespreek
word. Om hierdie rede is dit belangrik dat u al u kontakbesonderhede insluit
wanneer u die werk wat gedoen moet word indien.
FOOIE BETAALBAAR
LET WEL: Die fooie hieronder genoem is van toepassing gedurende hierdie
jaar en kan in die toekoms aangepas word.
-
Vertaling: R25,00 per honderd woorde.
-
Taalversorging: R12,00 per honderd woorde.
Betalingsopsies
Betaling
moet verkieslik kontant by aflewering geskied, op een van die volgende wyses:
-
Deur
middel van 'n bankgewaarborgde tjek.
-
Direkte
betaling in my bankrekening. Die depositostrokie
moet na my gefaks word. Besonderhede van my
bankrekening sal op versoek aan u verskaf
word.
-
Elektroniese
oordrag (Internet bank) van die bedrag na
my rekening. Besonderhede van my bankrekening
sal op versoek aan u verskaf word.
-
Jammer,
geen kredietkaartfasiliteit nie.
-
Ander betalingsopsies moet onderhandel word.
GESKIEDENIS
Vroeër jare
Nadat
ek in 1977 'n B.A.-graad in tale met Engels en Duits as hoofvakke en in 1978 'n Hoër Onderwys-diploma (HOD) aan die Universiteit
van die Oranje Vrystaat behaal het, het ek Engels as vak by verskeie skole in die Vrystaat, Suid-Afrika, onderrig.
Onlangse jare
Nadat
ek in 1995 die akkrediteringseksamen van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) suksesvol afgelê het, het ek 'n geakkrediteerde
vryskutvertaler in Afrikaans en Engels geword. Sedertdien het ek waardevolle
ondervinding in vertaling en taalversorging van 'n wye verskeidenheid tekste op verskeie terreine en op verskillende vlakke
van gesofistikeerdheid opgedoen. Sedert 2001 is ek 'n voltydse taalpraktisyn.
Wat ek doen
Hoewel
my hooffokus vertaling van Afrikaans na Engels en omgekeerd is, sowel as taalversorging in beide tale, kan ek u ook behulpsaam
wees met die vertaling van Nederlandse teks na Engels of Afrikaans.
Hoe ek werk
Hierdie
is my eie, private onderneming. Ek werk alleen, wat beteken dat u direk met my
skakel wanneer u my dienste gebruik.
Waardes waarin ek glo
Waardes
waaraan ek baie waarde heg is integriteit, eerlikheid, openhartigheid en uitnemendheid in 'n mens se pogings. Hierdie waardes vorm deel van my werketiek wanneer ek met kliënte werk.
ONTHOU: MY DIENSTE IS NET SO TOEGANKLIK VIR U AS U REKENAAR! U KAN MY NOU KONTAK.
dsteyl@polka.co.za