Dan's Language Services
Inligting

Home

Services
Information
Contact Me
Fees
Eng CV
TUISBLAD
Dienste
Inligting
Kontak My
Fooie
Afr CV

Geskiedenis

 

Vroeër jare

 

Nadat ek in 1977 'n B.A.-graad in tale met Engels en Duits as hoofvakke en in 1978 'n Hoër Onderwys-diploma (HOD) aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat behaal het, het ek Engels as vak by verskeie skole in die Vrystaat, Suid-Afrika, onderrig.

 

Onlangse jare

 

Nadat ek in 1995 die akkrediteringseksamen van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) suksesvol afgelê het, het ek 'n geakkrediteerde vryskutvertaler in Afrikaans en Engels geword.  Sedertdien het ek waardevolle ondervinding in vertaling en taalversorging van 'n wye verskeidenheid tekste op verskeie terreine en op verskillende vlakke van gesofistikeerdheid opgedoen.  Sedert 2001 is ek 'n voltydse taalpraktisyn.

 

Wat ek doen

 

Hoewel my hooffokus vertaling van Afrikaans na Engels en omgekeerd is, sowel as taalversorging in beide tale, kan ek u ook behulpsaam wees met die vertaling van Nederlandse en Duitse teks na Engels of Afrikaans.

 

Hoe ek werk

 

Hierdie is my eie, private onderneming.  Ek werk alleen, wat beteken dat u direk met my skakel wanneer u my dienste gebruik.

 

Waardes waarin ek glo

 

Waardes waaraan ek baie waarde heg is integriteit, eerlikheid, openhartigheid en uitnemendheid in 'n mens se pogings.  Hierdie waardes vorm deel van my werketiek wanneer ek met kliënte werk.

 

Besoek asseblief die "Dienste"-blad vir meer inligting oor die dienste wat ek aanbied.