Dan's Language Services
Dienste

Home

Services
Information
Contact Me
Fees
Eng CV
TUISBLAD
Dienste
Inligting
Kontak My
Fooie
Afr CV

Die volgende dienste is beskikbaar:

 

Vertaling

Ø   Van Afrikaans, Nederlands of Duits na Engels.

Ø   Van Engels, Nederlands of Duits na Afrikaans.

Vertaling sluit in al die taalversorgingfunksies hieronder genoem, asook proeflees.

 

Taalversorging

Ø   In Engels en Afrikaans.

Taalversorging sluit in die nagaan van al die belangrike taalfunksies, nl. verstaanbaarheid, styl, sinsbou, woordeskat, leestekens en spelling.

 

Formaat

Vertaling en taalversorging word gedoen in die MS Word 2000 of Corel Word Perfect 8 formaat.  Werk moet in een van hierdie formate ingedien word.

 

Indien u die werk wat gedoen moet word deur middel van e-pos of op 'n rekenaarskyf beskikbaar stel, ontvang u 'n getikte, afgeronde produk wat gereed is om gedruk te word (afhangende daarvan of u dit weer tegnies moet versorg as gevolg van die instelling van u drukker).

 

Indien u die werk wat vertaal moet word op papier indien, sal die vertaling op rekenaar gedoen word en sal u die produk per e-pos of op 'n rekenaarskyf ontvang in die formaat van u keuse (MS Word 2000 of Corel Word Perfect 8).

 

Samewerking

Ek werk in noue samewerking met kliënte, en deur die hele proses sal problematiese woordeskat en ander aspekte met u bespreek word.  Om hierdie rede is dit belangrik dat u al u kontakbesonderhede insluit wanneer u die werk wat gedoen moet word indien.

 

Fooie betaalbaar

Besoek asseblief die "Betaling"-bladsy vir inligting oor fooie betaalbaar en ander betalingaangeleenthede.